Babbelgum vir die Siel
Karamel-Koffie Bolletjies─── 08:24 Sat, 21 Feb 2015
Bestanddele:
1 blik karamel kondensmelk
1 eetlepel kitskoffiekorrels
200 gram fyngerolde Mariebeskuitjies
125 ml fyngekapte neute
Fyn klapper
Metode:
Meng die kondensmelk, koffiekorrels, Mariebeskuitjies en neute saam en rol in bolletjies. Rol die bolletjies in klapper. Verkoel in yskas. Bedien saam met koffie na ete.