On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Stampmielie gereg

───   08:27 Sat, 28 Feb 2015

Stampmielie gereg | News Article
 
 
Bestanddele:

500 ml stampmielies
7 ml sout
10 ml botter
1 pakkie spek gesnipper
250 g sampioene in skyfies gesny
250 ml mayonnaise
125 ml room
1 pakkie wituiesoppoeier
250 ml gerasperde cheddarkaas
vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode:

Week die stampmielies oornag in water. Dreineer en giet die mielies in 'n kastrol. Voeg genoeg water by om dit te bedek en voeg ook die sout by. Kook tot gaar en dreineer. Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer 'n oondvaste bak. Verhit die botter in 'n pan en braai die spek en sampioene tot bruin. Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in 'n groot mengbak. Voeg die stampmielies, spek en sampioene by en geur met peper. Skep die mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.