On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Kaas en knoffel-gevulde sampioene

───   08:27 Sat, 21 Mar 2015

Kaas en knoffel-gevulde sampioene | News Article
 
 
Bestanddele:

250g klein sampioene
50g botter
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groot sny witbrood
4 eetlepels fyn gerasperde Parmesankaas
3 eetlepels gekapte grasuie
Olyfolie

Metode:

Voorverhit oond tot 180ºC. Verwyder die steeltjies van die sampioene en pak hulle onderstebo in ‘n oondpan. Smelt die botter in ‘n pan op die stoof en meng dan die knoffel by. Maak broodkrummels van die sny brood en voeg by die botter in die pan. Roer vir 2 minute, tot lig gerooster. Plaas die mengsel in ‘n bak en laat afkoel. Roer die gerasperde kaas en grasuie by. Skep dit oor die sampioene, drup olyfolie oor en bak vir 10 minute tot die sampioene gaar en die bokante goudbruin is. Bedien warm.

Foto: au-mealplanner.atkins.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.