On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Karamelkondensmelk-kaaskoek

───   08:25 Sat, 28 Mar 2015

Karamelkondensmelk-kaaskoek | News Article
 
 
Deur Arina Du Plessis

Kors:

2 x 200g pakkies klapperkoekies
160 ml gesmelte botter

Vulsel:

2 x 230g houers roomkaas
250ml suurroom
1 x 397 g blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
4 eiers, geklits
1/2 blik (190 g) karamelkondensmelk
3 blokkies (sowat 40g) karamelfudge

Metode:

Voorverhit oond tot 160°C en smeer ’n losboomkoekpan van 26 cm met botter. Verwerk die klapperkoekies in ’n voedselverwerker tot fyn en voeg die gesmelte botter by. Druk die krummelmengsel op die boom en teen die kante van die koekpan vas. Klits die roomkaas, suurroom, kondensmelk en suurlemoensap saam tot glad. Voeg die eiers by en klits deur. Bedek en verkoel vir minstens ’n uur. Giet die mengsel versigtig in voorbereide krummelkors. Skep teelepels vol van die karamelkondensmelk in die kaaskoekmengsel en maak seker jy versprei dit egalig. Krummel die fudge fyn en sprinkel oor die kaaskoekmengsel. Bak vir een uur tot ferm.

Bron: http://landbou.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.