On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Heerlike beesstert resep

───   11:30 Fri, 18 Jun 2010

Heerlike beesstert resep | News Article

Souserige beesstert

2 kg beesstert (in porsies gesny)
paprika
koekmeelblom
250 g swoerdlose spekvleis (in blokkies)
2 groot uie (gekap)
2 knoffelhuisies (gekneus)
60 ml tamatiepasta
10 ml roosmaryn
500 ml droë rooiwyn
410 g heel tamaties
250ml vleisaftreksel
sout
vars gemaalde swartpeper

Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie vet. Verwyder uit pot en hou eenkant. Giet olie in pot indien nodig en braai beesstert in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer uie in dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by. Roer tamatiepasta en roosmaryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies wat vassit, los te maak. Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg beesstert en spekvleis by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op. Laat prut tot vleis sag is, - ongeveer 2 ure. Geur na smaak. Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en water.
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.