On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Pukke se sonkar steeds in derde posisie

───   DANE BEISHEIM 07:11 Thu, 02 Oct 2014

Pukke se sonkar steeds in derde posisie | News Article

Graaff-Reinet - Ten spyte van reën en swak weersomstandighede vir ’n sonkarwedren, klou die NWU se span ingenieurstudente verbete vas aan die derde algehele plek in vanjaar se Sasol Solar Car Challenge.

Volgens spanleier Albert Helberg het die spanne gister vanuit Graaff-Reinet in swaar reën vertrek, wat vir konsternasie gesorg het.
 
Die nege internasionale spanne sal vanoggend vanaf Port-Elizabeth die pad Knysna toe, al langs die kus, aandurf.
 
Nederland se Delft-Universiteit se Nuon Solar Span is steeds die voorlopers. Helberg sê dis indrukwekkend om te sien hoe hul motor werk.
Die wedren eindig Saterdag in Kaapstad.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

Albert Helberg:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.