On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Driejarige dood, man vry na boete

───   09:24 Fri, 31 Oct 2014

Driejarige dood, man vry na boete | News Article

Johannesburg - 'n Man, wat aangekla word dat hy 'n vuurwapen gerig het, wat gelei het tot 'n oor-en-weerskietery waarin driejarige Luke Tibbetts doodgeskiet is, is vrygelaat nadat hy 'n boete betaal het.

 Polisiewoordvoerder Gordon Billing sê Keenan Mokwena is verlede Vrydag tot 12 maande gevangenisstraf of 'n R3 000-boete gevonnis.
Hy het die boete betaal en is kort daarna vrygelaat. Volgens sersant Diedelof Fourie se getuienis in Augustus, het Mokwena en Lindray Kakhu op die dag van die skietvoorval in 'n woordewisseling betrokke geraak.
 
Mokwena het 'n vuurwapen op Kakhu gerig, waarna Kakhu skote op Mokwena gevuur het.
 
Een van die koeëls het Tibbetts getref, waar hy saam met sy ma in 'n voertuig verby die toneel gery het. Hy is later in die hospitaal dood. Kakhu se verhoor sal volgende jaar in Maart begin.
 
Sapa

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.