On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Byte of Success

Bobby van Jaarsveld Naweek.

───   12:16 Sat, 07 Feb 2015

Bobby van Jaarsveld Naweek. | News Article
 
Bobby van Jaarsveld is op 6 Maart 1987 gebore in die Paarl. Sy doopnaam is Pieter, maar hy’t die bynaam ‘Bobby’ by sy pa gekry, wie se naam Bob is.

Hy sing al sedert hy 14 jaar oud was en het aan talentkompetisies deelgeneem. Hy het sy eerste CD kontrak in Graad 11 gekry en sy eerste solo CD is uitgereik vroeg in sy matriekjaar. Daarna het hy professioneel begin optree.

Al die liedjies op sy 2009 album ‘Net vir Jou’ kom uit sy pen behalwe vir ‘Spieëltjie’ waar hy bygestaan is deur Ruan Theron en Jan Wolmarans. Hulle het hom gehelp om hierdie treffer liedjie af te rond!

Op sy werbwerf skryf he: “Elkeen van die liedjies op die album vertel ‘n storie. Die liedjies is op so ‘n manier vervaardig dat dit tot ‘n groot gehoor sal spreek. Ek het vir agtien maande lank aan die liedjies vir die nuwe album gewerk en op die ou end het ons die beste veertien snitte vir die album gekies.”

Kyk na die musiekvideo van ‘Spieëltjie’ wat as Bobby se deurbraakliedjie beskou word:
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.