On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Bekende landbou-ekonoom sê waarde van grond moenie gering geskat word nie

───   13:11 Thu, 21 Feb 2013

Bekende landbou-ekonoom sê waarde van grond moenie gering geskat word nie | News Article
Pieter Möller

Potchefstroom - Die groter wêreldbevolking, voedselsekuriteit en die vraag na meer landbougrond, maak dat die waarde van grond ook in Suid-Afrika, nie gering geskat moet word nie. So sê NWU-Potchefstroom-rektor en landbou-ekonoom, Herman van Schalkwyk.

Hy het aan OFM Nuus gesê daar is wêreldwyd druk om met beskikbare grond, meer te produseer. Hy sê winsgewendheid sal altyd 'n belangrike rol speel by die aankoop van grond, maar dat Suid-Afrikaners steeds positief kan wees daaroor.
 
Van Schalkwyk sê die situasie in Suid-Afrika is tans effens anders as in ander wêrelddele, omdat die grondeise-situasie en die politieke debat rondom dit, onsekerheid by landbouers bring.

Hy sê alternatiewe, goedkoper grond elders in Afrika, bly ook 'n opsie, maar dat hy steeds glo grondaankope in SA bly gesog.



Podcasts

Herman van Schalkwyk:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.