On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Agri SA tevrede met Zokwana se landbouplanne

───   17:18 Fri, 18 Jul 2014

Agri SA tevrede met Zokwana se landbouplanne | News Article
Christal-Lize Muller
 
Bloemfontein - Agri SA het die minister van landbou, bosbou en visserye, Senzeni Zokwana, geloof vir die pragmatiese benadering wat hy vandeesweek in sy begrotingsrede in die parlement gevolg het.
 
Agri SA se president, Johannes Möller, sê Zokwana het die korrekte aanslag gevolg met sy verwysing na belangrike kwessies soos voedselsekerheid wat as die regering se hoofprioriteit beskou word.

Möller sê dit is egter kommerwekkend dat Zokwana soos baie ander regeringsamptenare ook na radikale ekonomiese transformasie verwys het.
 
Hy sê die regering moet eerder nou fokus op die verantwoordelike bestuur van die ekonomie en ophou om die bedryf te pols rakende werkskepping terwyl die res van die ekonomie deur stakings lamgelê word.

Podcasts

Johannes Möller:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.