On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Schüssler sê landbou is grootste hoop vir werkloses

───   15:00 Wed, 20 Aug 2014

Schüssler sê landbou is grootste hoop vir werkloses | News Article

Kimberley - Die ekonoom Mike Schüssler sê landbou is die grootste hoop vir die massas werklose mense op die platteland.

 
Schüssler het op Agri-Noord-Kaap se kongres in Kimberley gesê Suid-Afrika se werkloosheidsyfers staan op bykans 36% en nie op die amptelike 25% nie. Talle werksoekers wat moed opgegee het, word nie bygereken nie.
 
Schüssler het gesê openlike en eerlike gesprekke is nodig, om sake te verbeter. Boere moet uit die kassie dink om ’n verskil te maak en gemeenskappe aan hul kant kry.
 
Die regering moet besef sommige arbeidswette en onbekostigbare minimum lone vererger die werkloosheidsprobleem. Suid-Afrikaners moet eerder werk en waardigheid gegee word.

Talle Noord-Kaapse boere asook landbouleiers en –rolspelers van oor die land heen is in die Diamantstad saamgetrek vir dié kongres wat vanoggend begin het en môre ten einde loop.
 
 
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.