On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou verwerp EVV se grond-uitlatings

───   15:18 Wed, 17 Dec 2014

Vrystaat Landbou verwerp EVV se grond-uitlatings | News Article

Bloemfontein - Vrystaat Landbou sê hy verwerp die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) se uitlatings oor grond tydens sy eerste jaarkongres.

Hoofbestuurder, Henk Vermeulen, sê die EVV se komitee vir grond en landbouhervorming se besluit dat mense wat grond geëis het dit onwettig moet beset en produksie op plase tot stilstand moet bring, sal tot anargie lei.

Volgens Vermeulen kan die EVV se planne voedselsekerheid skaad en tot werksverliese lei. Dit terwyl die party hom beywer tot werkskepping.
 
Vrystaat Landbou het môre 'n vergadering met die topstruktuur van die polisie waartydens dié kwessie, asook die vinnige optrede van die polisie indien onwettige betredings sou plaasvind, bespreek word.
 
Intussen het AfriForum vanmiddag strafregtelike klagtes teen Malema, by die polisie in Pretoria ingedien. Dié groep sê hulle gaan nie toekyk hoe mense aangemoedig word om die wet te oortree nie.
 
MJ Lourens/OFM-nuus 

Podcasts

Henk Vermeulen van VS Landbou:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.