On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

VL staan instelling van nasionale minimum loon teen

───   14:32 Thu, 05 Feb 2015

VL staan instelling van nasionale minimum loon teen | News Article

Bloemfontein - Vrystaat Landbou staan die instelling van ’n nasionale minimum loon teen.

Die organisasie se Jacobus Stroebel sê hulle het hul standpunt gister in Bloemfontein voorgelê tydens 'n openbare verhoor oor die kwessie.
 
Hy sê hul voorlegging aan die parlementêre komitee het onder meer gefokus op die feit dat ’n 52% verhoging in minimumlone vir plaasarbeiders in 2012, bygedra het tot die feit dat baie landbouers hul werksmag moes verklein, wat die verlies van sowat 79 000 werksgeleenthede tot gevolg gehad het.

Die meeste lede van die publiek, organisasies en politieke partye wat die verhoor bygewoon het, was ten gunste van ’n nasionale minimumloon.
 
Voorstelle het gewissel tussen R8000 en R20 000.
 
Vrystaat Landbou is besorg daaroor dat, na hulle mening, al die nodige werkgewersorganisasies, individue en instellings nie die sessie bygewoon het en hul saak gestel het nie.
Karien Jordaan/OFM-nuus




Podcasts

Jacobus Stroebel:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.