On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Cricket

Knights en Cobras pak mekaar oor uur in T20-eindstryd

───   17:05 Fri, 12 Dec 2014

Knights en Cobras pak mekaar oor uur in T20-eindstryd | News Article

 
Owen Kock
 
Kaapstad. - Die Chevrolet Knights en die Cape Cobras pak mekaar om 18h00 in die eindstryd van die plaaslike Ram Slam T20 reeks.
 
Die Knights het velede week die Lions met agt paaltjies geklop vir 'n plek in die eindstryd teen die span (Cobras) wat die seisoen nog die beste krieket gespeel het, en nie maklik op sy tuisveld geklop sal word nie.
 
Dit moet egter gese word dat die Knights die seisoen self baie goeie krieket gepseel het en hulle sal vanaand weer hard steun op hul Protea-kolwers Rilee Rossouw en Reeza Hendricks.
 
Dit was juis die twee wat die Lions aan flarde gespeel het om die Knights se plek in die eindstryd te verseker. Die Knights sit egter ook met nog 'n troefkaart in die Wes-Indiese speler Andre Russell, wat vir die T20-reeks gekontrakteer is, en ook hy kan vanaand hier in Kaapstad amok maak, met die kolf en bal indien dit van hom verlang word.
 
Die Knights en die Cobras sal vanwee hul eindstryd vanaand, aan volgende jaar se Kampioeneliga in Indie deelneem.
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.