On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Cricket

Cape Cobras slaan 158/4 in T20-eindstryd

───   19:36 Fri, 12 Dec 2014

Cape Cobras slaan 158/4 in T20-eindstryd | News Article
Owen Kock
 
 Kaapstad. - Die Cape Cobras het in sy beurt 158/4 aangeteken en teen die einde van die wedstryd ‘n tempo van 7.9 gehad, wat beteken die Chevrolet Knights sal uit die staanspoor moet slaan as hulle die Ram Slam T20 reeks wil wen.
 
Die Cobras het sommer in die tweede beurt hul eerste paaltjie verloor toe Rilee Rossouw vir Richard Levi uitgehardloop het met sy telling op 1 en die Cobras slegs 5 lopies op die telbord.
 
Hashim Amla was die tweede Cobra-speler wat ‘n toeskouer geowrd het toe hy deur Obus Pienaar skoon geboul is. Hy het 26 lopies agter sy naam gehad. Die Knights het by tye swak goed in terme van hul veldwerk maar hulle kon daain slaag om die tuisspan se lopietempo tot onder vyf te beperk.
 
Na 11 beurte kon die tuisspan slegs met 55 lopies op die telbord spog, danksy goeie boulwerk deur die Knights se spelers, maar daarna het die tempo van die wedstryd geleidelik opgetel.
 
Dit het by tye voorgekom of die Cobras nie juis gepla is om punte aan te teken nie, aangesien hulle rustig tussen die paaltjies beweeg het. Dit was egter toe Villas begin skouers oopgemaak het dat sy geluk uitgeloop het.
 
Hy is op 26 uitgevang deur Rossouw van die boulwerk van Du Preez, en die Cobras het toe gesukkel met die telling op 72/3 na 12.4 beurte.
 
Daarna het het die tuisspan ‘n insinking beleef met die lopies wat drups-gewys die telbord aan die rol gehou het, tot Kieron Pollard besluit het dit het tyd geword om skouers oop te maak, en vinnig het die Cobras toe 105/3 na 16.2 beurte gehad.
 
Met twee beurte oor het die Cobras gewys hoekom hulle die seisoen so hoog aangeslaan word, want dit toe Pollard baie na elke uithoek van ‘n gepakte Nuweland geslaan het, en sy spsn gehelp het tot 128/3.
 
Omphele Ramela was die beste onder die Cobras se kolwers en het 50 lopies van slegs 32 balle gemoker voor hy op 54 deur Shadley van Schalkwyk uitgeboul is.
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.