On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Druiweboere, plaaswerkers gaan moet hulp kry, sê Agri-NK

───   12:46 Thu, 03 Oct 2013

Druiweboere, plaaswerkers gaan moet hulp kry, sê Agri-NK | News Article
Dirk Kok - Van die druiweboere in die Benede-Oranjegebied het hul totale oeste as gevolg van die onlangse ryp verloor en hulle en plaaswerkers gaan nie sonder hulp kan klaarkom nie, sê Agri Noord-Kaap se hoofbestuurder, Johan van Rensburg.
 
Hy sê van die boere gaan vir die volgende jaar-en-’n-half sonder enige inkomste wees.
 
Omdat die regering nie hulp gee vir oesskade nie, gaan daar na alternatiewe hulp gekyk moet word. Hy sê die regering gaan gevra word of boere nie moontlik gehelp kan word met met rentesubsidiëring vir toekomstige insetkoste en vir die konsolidering van skuld nie. Hulp vir plaaswerkers en seisoenwerkers gaan ook gevra word.

Van Rensburg sê voordat enige hulp beding kan word, moet die gebied eers tot rampgebied verklaar word, wat ’n lang, omslagtige proses is.


Podcasts

Johan van Rensburg:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.