On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaatse graanboer, landboukundige is Graan SA se bestes

───   11:03 Mon, 14 Oct 2013

Vrystaatse graanboer, landboukundige is Graan SA se bestes | News Article
 
Dirk Kok - 'n Graanboer van Viljoenskroon en 'n landboukundige van dieselfde gebied is onderskeidelik Graan SA se Graanprodusent- en Landboukundige van die Jaar.
 
Die Suid-Afrikaanse Graanboer van die Jaar is Anthony Evans van die Rhys-Evans-groep by Vijoenskroon. Kobus van Zyl van Omnia in die Viljoenskroon-Bothaville-gebied is die Landboukundige van die Jaar.
 
Graan SA sê Evans het die titel ingepalm onder meer weens die Rhys-Evans-groep se goeie bewerkingspraktyke. Van Zyl is vereer vir die ondersteuning aan Noord-Vrystaatse boere om suksesvol en volhoubaar te boer.
 
Evans sê die eerbewys is 'n groot eer, maar hy dra dit op aan al sy medegraanboere.

Maurice Boki, van Matatiele in die Oos-Kaap, is die Opkomende Graanboer van die Jaar.
 
 
 
Graanprodusent van die Jaar. Anthony Evans (naasregs) met sy eerbewys. By hom is Arno Cronjé, algemene bestuurder van die Rhys-Evans-groep, Louw Steytler, voorsitter van Graan SA, en Antonie Delport, besturende direkteur van Syngenta (borg). 
 
 
 
Kobus van Zyl (links), Landboukundige van die Jaar, en Graan SA se ondervoorsitter, Andries van Zyl.
 

Podcasts

Anthony Evans:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.