On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Nog g'n hulp vir Benede-Oranje se druiweboere

───   16:24 Thu, 16 Jan 2014

Nog g'n hulp vir Benede-Oranje se druiweboere | News Article
Dirk Kok - Ná September se rypskade van sowat R500 miljoen aan wingerde van Groblershoop tot Blouputs is dié strook, van sowat 250 km in die Benede-Oranje, deur die regering tot rampgebied verklaar. Agri-Noord-Kaap se hoofbestuurder, Johan van Rensburg, sê hier het die proses egter tot stilstand geruk.
Van enige hulp aan boere of werkers is daar nog nie sprake nie. Agri-Noord-Kaap probeer nou help.
Van Rensburg sê verdere gesprekke word met die regering en met private instellings gevoer.
Omdat die regering nie hulp gee vir oesskade nie, word na alternatiewe hulp vir boere, soos rentesubsidiëring vir toekomstige insetkoste en vir die konsolidering van skuld, gekyk.
Hulp vir plaaswerkers en seisoenale werkers word ook gevra.


Podcasts

Johan van Rensburg:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.