On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Du Preez: Regering besef SA kan nie landbougrond verloor nie

───   13:54 Wed, 05 Mar 2014

Du Preez: Regering besef SA kan nie landbougrond verloor nie | News Article
Dirk Kok
 
Bothaville - Die politieke kommentator en skrywer Max du Preez sê Suid-Afrika se boere kan positief wees oor die toekoms en voortgaan om in landbou te belê.
 
Du Preez, wat paneelbesprekings op Graan SA se kongres op Nampopark buite Bothaville lei, sê boere oorreageer dikwels en moet hulle nie te veel aan die uitlatings van politici steur nie, veral nie in 'n verkiesingsjaar nie.
 
Al is daar baie verwarring, is die seine uit die Uniegebou en parlement oor die landbou positief.
 
Hy sê die regering besef Suid-Afrika kan nie produktiewe landbougrond verloor nie.
 
Graan SA se kongres het vanoggend begin en duur tot môre.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.