On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Mielie-oes: die goeie en die slegte

───   15:43 Fri, 01 Aug 2014

Mielie-oes: die goeie en die slegte | News Article
Dirk Kok. - Die landbou-ekonoom Johan Willemse sê die groot mielie-oes is baie goeie nuus vir veeboere en vir verbruikers. Veevoer word goedkoper en mense sal ook minder vir mieliemeel betaal. Mielie-boere gaan egter laer mieliepryse moet absorbeer.
Amerika sit met sy naasgrootste oes nog en pryse daal in Amerikaanse dollar. Suid-Afrika se surplus sal ook die mielieprys afdwing.
Willemse sê in onseker landboutoestande en met die laer prys word dit moeiliker vir boere om finansiering te bekom. Dit is reeds aan die gebeur en wek kommer.
Daar is ook baie minder versekeraars vir omvattende oesversekering. Versekeraars onttrek en premies word baie hoog. Dit is reeds besig om 'n negatiewe impak op boerdery te hê.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.