On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

'Reuse-mielie-oes is danksy tegnologiese vordering'

───   15:48 Fri, 01 Aug 2014

'Reuse-mielie-oes is danksy tegnologiese vordering' | News Article
Dirk Kok. - Die landbou-ekonoom Johan Willemse sê Suid-Afrika se verwagte reuse-mielie-oes van 14 miljoen ton, ná ’n relatief swak reënjaar, wys weer op die belangrikheid van tegnologie.
In die geval van mielies en sojabone was daar goeie kultivarontwikkeling, omdat daar bygehou is met die tegnologie van genetiese modifikasie.
In die geval van koring is GM-tegnologie vir jare nie toegelaat nie.
Terwyl Suid-Afrika sy naasgrootste mielie-oes verwag, kan die land aan die ander kant sy kleinste koringoes nog hê. Willemse sê minder koring is geplant omdat daar nie met produksietegnologie bygehou is nie en koringboerdery in hierdie stadium minder lonend is.
Vanjaar se mielie-oes sal op een na die grootste wees. In 1981 is 14,4 miljoen ton mielies gestroop.
Die land gaan weer 'n mielie-surplus hê, terwyl koring-invoere die land weer sowat R6 miljard gaan kos.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.