On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Graan SA se 9de ontwikkelingskantoor ingewy

───   16:48 Mon, 04 Aug 2014

Graan SA se 9de ontwikkelingskantoor ingewy | News Article
Dirk Kok. - Graan SA en die Mielie- en Wintergraantrust wy volgende week hul negende kantoor vir die ontwikkeling van swart boere in.
Landbouminister Senzeni Zokwana sal volgende Vrydag die rooi lint knip om dié nuwe GSA-streekkantoor op Maclear amptelik oop te verklaar
Die hoof van GSA se boerdery-ontwikkelingsprogram, Jane McPherson, sê dit is die derde Oos-Kaapse streekkantoor.
Die nege streekkantore oor die land heen ondersteun reeds meer as 4 000 nuwe boere om uiteindelik selfstandig en volhoubaar te boer. Dit sluit kommunale boere, met so min as ’n hektaar grond elk, tot opkomende kommersiële boere, met 1 000 ha elk, in.
McPherson sê GSA het hierdie derde Oos-Kaapse kantoor geopen, onder meer oor die baie vrugbare grond in die voormalige Ciskei en Transkei wat nie ten volle of behoorlik deur die eienaars benut word nie.
Mpumalanga verloor al hoe meer grond as gevolg van mynboubedrywighede. Die Oos-Kaap is die ander provinsie wat met sy goeie reënval en hoë opbrengsmoontlikhede kan bydra tot huishoudelike- en nasionale voedselsekerheid.
GSA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, sê hierdie ontwikkelingsprogram is by verre die gevorderdste in die landbousektor om die ontwikkeling van swart boere te bevorder.
“Dit is 'n  hoeksteen van suksesvolle en volhoubare grondhervorming.”

Podcasts

Jane McPherson:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.