On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

VKB dra meeste uitvoertonne by

───   16:08 Mon, 18 Aug 2014

VKB dra meeste uitvoertonne by | News Article
Dirk Kok. - Die landboumaatskappy VKB, met sy hoofkantoor op Reitz, het 63% van die 750 000 ton mielies gelewer wat die laaste drie maande vanaf die Durbanse hawe uitgevoer is.
VKB se uitvoerende hoof vir graan, André Odendaal, sê alhoewel VKB slegs 7% van die land se mielies ontvang, kon hy daarin slaag om in die drie maande 480 000 ton tot die uitvoerprogram te lewer.
VKB het sy silogeriewe buite werksure oopgehou vir die aflaai van uitvoergraan deur boere.
Odendaal sê dié maatskappy het die grootste mielie-, sojaboon- en sonneblom-oes nog in sy geskiedenis ontvang.
Die maatskappy se totale kapasiteit is 800 000 ton, maar hy kon daarin slaag om meer as 'n miljoen ton somergraan te hanteer. Odendaal sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika 'n voorkeurverskaffer van graan van goeie gehalte aan internasionale kopers en verbruikers sal word.
"Sonder 'n doeltreffende uitvoerprogram sal die binnelandse aanbod van mielies hoër wees, met gevolglike laer produsentepryse."

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.