On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

'Daar is nog plek vir koringboerdery'

───   14:08 Wed, 10 Sep 2014

'Daar is nog plek vir koringboerdery' | News Article

Bethlehem - Die LNR-Kleingraaninstituut buite Bethlehem se Elri Burger sê hoewel boere baie minder koring aangeplant het en die oes na verwagting drasties minder as verlede jaar gaan wees, is daar steeds ’n plek vir koringboerdery in die land.

Dit sal dan ook een van die fokuspunte wees op ’n koringdag wat op 18 September van 08:00 af by die KGI gehou word.
 
Burger sê vanjaar se koringdag is ’n interaktiewe dag waarop boere ekonome, wetenskaplikes en ander kundiges hul kwelvrae kan vra.
 
Boere sal ook ingelig word oor die jongste koringnavorsing en –ontwikkeling.

Volgens die Oesskattingskomitee se syfers het Vrystaatse boere vanjaar slegs 60 000 ha koring geplant teenoor verlede jaar se 90 000 ha en het die provinsie sy plek verloor as die naasgrootste koringgebied in die land.
 
Die Noord-Kaap, waar 285 000 ton verwag word, is nou die naasgrootste koringproduksiegebied, met die Wes-Kaap die grootste.
 
Die land se beraamde koringoes van slegs 1,78 miljoen ton is amper 5% kleiner as verlede jaar. Hierteenoor word ’n rekord-kanola-oes verwag.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Elri Burger:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.