On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Graan SA se bestes: Foto's

───   17:16 Thu, 02 Oct 2014

Graan SA se bestes: Foto's | News Article

’n Graanprodusent van Bredasdorp in die Wes-Kaap, Ralph Swart, wat deel is van Graan SA se ontwikkelingsprogram vir boere, is vandag in Bloemfontein as die Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar aangewys.

Twee Vrystaatse graanboere, Pieter Chabalala wat tussen Qwaqwa en Kestell boer, en Michael Ramoholi, van Theunissen, en 'n graanprodusent van Delareyville in Noordwes, Job Metswamere, was die ander finaliste.
 
Bykans 4 700 boere in die land, van bestaansboere tot nuwe kommersiële boere, word tans deur Graan SA en sy vennote ondersteun en ontwikkel.
 
Die program het die afgelope jaar ’n tiental nuwe boere opgelewer wat tussen 250 en 1 500 ton graan per seisoen stroop.
 
Altesaam 123 van die boere in die program stroop reeds meer as 250 ton.
 
 
Ralph Swart, graanboer van Bredasdorp, is vandag op die vieringsgeselligheid van Graan SA se boere-ontwikkelingsprogram vas vanjaar se Nuwe Era Kommersiële Boer aangewys. Van links is Swart se vrou, Preline, Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, Swart, Victor Mongoato, ondervoorsitter van Graan SA, en Ernst Janovsky, hoof van Absa-agrisake. Foto's: Dirk Kok
 
 
Die ander finaliste was boere van die Vrystaat en Noordwes. Van links is Michael Ramoholi van Theunissen, Ernst Janovsky van Absa (borg), Pieter Chabalala, wat tussen Qwaqwa en Kestell boer, en Job Metswamere van Delareyville. 
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.