On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Regering moet sy fokus regkry, sê Syngenta-hoë

───   11:05 Fri, 03 Oct 2014

Regering moet sy fokus regkry, sê Syngenta-hoë | News Article

Die landboureus Syngenta se korporatiewe bestuurder in Suid-Afrika, Mphilo Dlamini, sê die regering moet sy fokus regkry en ophou om geld in onwerkbare landbouprojekte in te pomp.

Geld word gemors op projekte wat absoluut niks vir die land, die landbou of voedselsekerheid beteken nie. Werkbare projekte soos Graan SA se ontwikkelingsprogram vir boere oor die land heen moet eerder ondersteun word.
 
Dit is tyd dat die owerheid geld oordeelkundig in die platteland en die landbou belê. Dit is boere wat kan én wil boer wat landbougrond moet kry, en nié mense met regeringsverbintenisse nie.

Dlamini was gister in Bloemfontein een van die sprekers op die vereringsgeselligheid vir die beste boere in Graan SA se ontwikkelingsprogram. Meer as 4 000 boere word tans in dié program ondersteun en ontwikkel.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Mphilo Dlamini:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.