On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

KGI-navorsing fokus op dalende koringproduksie

───   16:41 Mon, 06 Oct 2014

KGI-navorsing fokus op dalende koringproduksie | News Article

Navorsers aan die LNR-Kleingraaninstituut buite Bethlehem sê die fokus van hul huidige en toekomstige navorsing is daarop gemik om die verminderende koringproduksie in die land om te keer.

KGI-hoof Cobus le Roux sê winsgewende koringproduksie was vir dekades lank die hartklop van plattelandse ekonomieë. Die drastiese afname in koringproduksie en die gevolglike uitvloei van miljarde rande uit die platteland, veral uit die Vrystaat, kan omgekeer word met navorsing en ontwikkeling en verbeterde boerderyproduksie wat tred hou met die huidige snelle veranderings.
 
KGI-navorsers sê koringinvoere in Afrika kan binnekort tot 45 miljoen ton per jaar styg, wat verdere uitdagings, maar ook geleenthede, vir boere inhou.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

Podcasts

Cobus le Roux:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.