On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

NW-boer is Graanprodusent van die Jaar

───   12:36 Mon, 20 Oct 2014

NW-boer is Graanprodusent van die Jaar | News Article

Bloemfontein - ’n Mielieboer van Setlagole in Noordwes, Richard Hobson, is deur Graan SA as Graanprodusent van die Jaar aangewys

Hobson is boerderydirekteur van die familie-onderneming Botselo Holdings met sy groot mieliemeule op Delareyville.
 
Botselo Farming, met sy hoofkantoor op Nonen Ranch, verbou droëlandmielies op 4 900 ha en het 90 ha onder besproeiing.
 
Hobson het hom in 2006 op presisieboerdery begin toespits en hanteer elke hektaar grond afsonderlik en volgens eie potensiaal. Met sy verbeterde boerderypraktyke het hy in ’n marginale reënvalgebied die basisopbrengs van of 3 ton per hektaar tot 5,1 ton per hektaar verhoog.
 
Botselo Holdings, met sy meule, graanafdeling en vervoerafdeling, verskaf werk aan meer as 300 mense en het onder meer van die land se bekende winkelgroepe en graankosvervaardigers as klante.
 
Hobson was in 2009 Noordwes se Jongboer van die Jaar en in 2010 was hy Tegno-boer van die Jaar.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.