On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Graanboer van die Jaar sê grondhervorming gaan van boere afhang

───   14:16 Wed, 22 Oct 2014

Graanboer van die Jaar sê grondhervorming gaan van boere afhang | News Article

Bloemfontein - Graan SA se Graanprodusent van die Jaar, die mielieboer Richard Hobson van Setlagole in Noordwes, sê kommersiële boere móét betrokke raak en hul deel doen vir suksesvolle grondhervorming.

Hobson sê hy is positief oor die toekoms van boerdery in Suid-Afrika en Afrika. Met die groeiende wêreldbevolking wil hy niks anders doen as boer nie.
 
Die beleidsomgewing bly wel vir boere  'n uitdaging. Landbouers moet inspring en deel word van positiewe veranderings.
 
Suksesvolle grondhervorming gaan nie deur die beleidmakers of politici bewerkstellig word nie, maar deur georganiseerde landbou en boere.

Hobson is boerderydirekteur van die familie-onderneming Botselo Holdings, wat onder meer Botselo Farming, by Setlagole, en 'n groot mieliemeule, op Delareyville, bedryf.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Richard Hobson:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.