On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Haelverliese vir boere in NK

───   17:00 Fri, 24 Oct 2014

Haelverliese vir boere in NK | News Article

Bloemfontein - Vroeë aanduidings is dat sommige boere van Hopetown hul totale koringoeste kwyt kan wees ná die onlangse haelstorm hier.

Agri-Noord-Kaap se adjunk-president, Nicol Jansen, wie se koring ook deurgeloop het, sê dit is nog te vroeg om die presiese skade te bepaal, maar tot driekwart van sy oes kan daarmee heen wees, terwyl van sy medeboere tot 100% van hul oeste kan verloor.
 
Hy sê as gevolg van hoë versekeringspremies het baie boere goedkoper opsies gekies en is hulle onderverseker.
 
Jansen sê sou die koringprys styg, gaan daar verdere finansiële laste wees op boere wat koring moet inkoop om leweringskontrakte te eerbiedig. Versekeringuitbetalings sal ook daartoe lei dat premies volgende seisoen nog hoër is.

Jansen sê die twee landboukoöperasies in die gebied gaan ook geraak word deur die oesverliese.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Nicol Jansen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.