On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Oeste helfte minder weens besoedeling

───   13:07 Mon, 10 Nov 2014

Oeste helfte minder weens besoedeling | News Article

Benewens die bydrae tot klimaatsverandering kan stowwe soos troposferiese osoon en swartkoolstof ‘n negatiewe uitwerking op oeste hê.

Die verhoogde vrystelling van stowwe wat die atmosfeer besoedel, kan  tot 50% laer oeste beteken.
 
Die direkte invloed van atmosferiese besoedeling op plantegroei vererger die gevolge van die verandering van temperatuur en neerslag.
 
Twee navorsers het die impak van die twee stowwe op die opbrengs van gewasse ondersoek om die effek van besoedeling met statistiek te kan verduidelik. Volgens die skrywers van Recent climate and air pollution impacts on Indian agriculture absorbeer swartkoolstof inkomende sonlig en verminder dus die hoeveelheid son wat die plant kan absorbeer. Hierdie effek het baie duidelik geword in die noorde van Indië voor die aanvang van die reënseisoen.
 
Die skrywers het statistiek van oesopbrengste tussen 1980 en 2010 gebruik en bevind dat die geprojekteerde opbrengste 50% laer was. Sowat 90% hiérvan kan weens osoon en swartkoolstof-besoedeling wees.
Volgens die skrywers se bevindings kan die impak op die landbou verlig deur plaaslike lugbesoedeling hok te slaan.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.