On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Mielieboere dankbaar vir reën, maar dis grootliks te laat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 19:53 Tue, 24 Mar 2015

Mielieboere dankbaar vir reën, maar dis grootliks te laat | News Article

Wesselsbron - Talle mielieboere in gebiede in die Vrystaat wat sedert die naweek goeie reën gehad het is dankbaar, maar vir die meeste het dit egter te laat gekom.

Voorsitter van die Wesselsbron-distrikslandbouvereniging, Stefan Ferreira, sê vir die meeste boere in die distrik wat in die tradisionele planttyd mielies geplant het, maak die laat reëns nie 'n groot verskil nie.
 
'Stefan Ferreira'  
 
Ferreira sê baie boere in gebiede waar dit min gereën het, het al kuilvoer begin sny uit hul verdorde oeste, terwyl ander met voorbereidings begin het om koring te plant in die hoop dat dit genoeg sal reën.
 
Volgens Ferreira het boere in dié distrik sedert Vrydag sowat 60mm reën gehad, terwyl dit in Bothaville kol-kol gereën het.
 
Intussen sê Vrystaat Landbou baie navrae is reeds vandeesweek ontvang van boere oor droogtehulp van die regering.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

'Stefan Ferreira' :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.