On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Other News

Nóg 'n fietsjaer bieg

───   13:02 Wed, 06 Mar 2013

Nóg 'n fietsjaer bieg | News Article
Den Haag – Die voormalige Nederlandse fietsjaer Michael Boogerd, wat Lance Armstrong geklop het om die Amstel Gold Classic-fietsren titel, het erken dat hy 'n dekade lank verbode middels tydens sy loopbaan gebruik het.

"Ek het EPO en kortisoon gebruik en aan die einde van my loopbaan met bloedoortappings begin," het Boogerd vandag aan die nasionale uitsaaier NOS gesê.

"Ek is jammer dat ek die kultuur (verbode middels) lewend gehou het," het hy gesê.

"Ek is jammer dat ek nooit my hand opgesteek het en in die openbaar gesê het, 'dit kan nie so aangaan nie'. Dis nie goed nie."

Boogerd het ook erken dat hy die Oostenrykse laboratorium Humanplasma vir sy bloedoortappings gebruik het.

Dié bekentenis volg ná verskeie berigte die voormalige Rabobank-jaer met opkikker-praktyke verbind het, insluitende die laboratorium in Wene.

Die Nederlander, wat in 2007 uitgetree het, het twee Tour de France-skofte gewen en het die Amstel Gold Classic in 1999 gewen toe hy Lance Armstrong net-net op die wenstreep geklop het. -  Sapa - AP

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.