On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Extra time

Saterdag Sport Braai resep: Appelkoos Skaaptjoppies

───   15:22 Sat, 21 Jan 2017

Saterdag Sport Braai resep: Appelkoos Skaaptjoppies | News Article

Dit is amper “Pay-day” – dan kan jy ‘n paar skaaptjoppies koop vir hierdie resep.

Jy het ‘n bietjie meer tyd en geduld nodig vir hierdie resep. Maar dit is ‘n heelwat anders as die normale ou skaaptjoppie.

Wat jy benodig:
 1 kg skaap tjops
 30 ml olie
 30 ml botter
 1 ui, fyn gekap
 30 ml koekmeelblom
 250 ml appelkoossap
 sap van 1 klein suurlemoen
 150 ml hoenderaftreksel
 30 ml appelkooskonfyt
 125 ml room
 3 ml salie
 sout indien nodig
 vars gemaalde swartpeper

Wat jy moet doen:

  • Geur die vleis met sout en peper en braai in olie tot bruin.
  • Skep uit en hou warm.
  • Smelt die botter in dieselfde pan en soteer die ui todat dit sag is.
  • Voeg die koekmeelblom by. Roer tot ‘n gladde pasta en verwyder van die hitte.
  • Voeg die appelkoossap by en roer goed.
  • Plaas terug op die stoof en verhit totdat die sous verdik.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  • Pak die vleis in 'n oondvaste bak met deksels en gooi die sous bo-oor.
  • Sit die deksel op en bak in die oond teen 160 grade vir ongeveer 'n uur tot die vleis sag en gaar is.
  • Jy kan ook die vleis in ‘n braaibak pak en jou braai gebruik as ‘n oond.

Hierdie resep is beskikbaar op http://www.watertandresepteviroudenjonk.com

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.