On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

MPO in VS hou vandeesmaand kongres

───   11:37 Mon, 29 Jul 2013

MPO in VS hou vandeesmaand kongres | News Article
Dirk Kok - Die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Vrystaat hou op 27 Augustus sy jaarlikse suiwelkongres en jaarvergadering in Bloemfontein.

Vanjaar se tema is “Die toekoms van melkboerdery in die Vrystaat”.

Die gassprekers is Johann Kirsten, hoof van die departement landbou-ekonomie, voorligting en landelike ontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria, en Nigel Lok. Bekende melkboer van die Robhoek-boerdery by Tsitsikamma.

Vanjaar se kongres word weer by die Monte Bello-landgoed net buite Bloemfontein gehou. Dit begin om 09:00.

Belangstellendes kan vir Izette Louw, bestuurder van die MPO in die Vrystaat, by 051-444-4603 bel.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.