On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

'Provinsie betaal miljoene te veel vir Vrede-melkprojek'

───   16:47 Mon, 13 Jan 2014

'Provinsie betaal miljoene te veel vir Vrede-melkprojek' | News Article
Dirk Kok - Die DA in die Vrystaat sê dit blyk uit antwoorde van landbou-LUR Mamiqi Qhabate dat die provinsiale regering opgeplaasde pryse betaal het vir die omstrede Vrede-melkeryprojek.
Dié party se Roy Jankielsohn sê buitensporige bedrae van miljoene rande is betaal vir infrastruktuur, toerusting en professionele dienste en daar is sowat R2,8 miljoen te veel betaal vir 351 koeie.
Dié projek, saam met die Indiese maatskappy Estina en 'n Suid-Afrikaanse maatskappy Paras, het belastingbetalers reeds R342 miljoen gekos.
Jankielsohn sê dit is ook kommerwekkend dat Estina/Paras 'n aandeel van 49% in die projek kan kry terwyl sy belegging slegs 40% van die beraamde projekkoste is.
Die Openbare Beskermer is gevra om dit alles te ondersoek.
 


Podcasts

Roy Jankielsohn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.