On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Melkboere suig aan die agterste speen

───   11:38 Wed, 22 Jan 2014

Melkboere suig aan die agterste speen | News Article
Dirk Kok - Berthus de Jongh, hoofbestuurder van die Melkprodusente-organisasie (MPO), sê dit gaan baie sleg met die land se melkboere. Daar is in hierdie stadium vir hulle geen aansporings om meer melk te produseer nie.
Hy sê die prys wat boere vir hul melk kry, het nie bygehou by drastiese hoër insetkostes en geadministreerde kostes nie. Terwyl internasionale produsente baie gestyg het, het die plaaslike prys stagnant gebly.
Die gemiddelde R3,90 per liter wat boere kry, is ook drasties minder as die invoerprys van sowat R6,40 per liter.
De Jongh sê daar is 'n groot vraag na melk en reuse groei in die Afrika-mark, maar die land se melkboere boere gaan nou eers deur hierdie moeilike tyd moet kom.
De Jongh gesels môre-oggend tussen 04:00 en 06:00 op Before Dawn oor die probleme en oor die vooruitsigte vir die land se melkboere.
 
 

Podcasts

Bertus de Jongh:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.