On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Sonnekus herstel goed, Zaaiman benodig chirurgie

───   OWEN KOCK 17:40 Tue, 24 Jun 2014

Sonnekus herstel goed, Zaaiman benodig chirurgie | News Article
Owen Kock
 
Bloemfontein - Die voormalige Springbok en Vrystaatse rugbyspeler, Gerrie Sonnekus en twee van sy vriende wat die naweek deur booswigte in Port Alfred oorval en met messe gesteek en geskop en geslaan is, sterk goed aan.
 
Sonnekus, André Cleghorn en Bernardus Zaaiman is Saterdag by ‘n vakansiehuis deur vier onbekende mans aangeval en van hul besittings beroof.
 
Volgens Cleghorn se dogter, Tanja Schwim, verduur Zaaiman nog baie pyn en in die stadium lyk dit of hy rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig sal moet ondergaan.
 
Die drie is tans op pad na hul onderskeie huise in die Vrystaat.
 
Schwim het aan OFM-nuus gesê die drie is baie emosioneel en wil nou net by hul families uitkom.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.