On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

Helpende Hand voed meer as 4 000 kleuters landswyd

───   19:33 Thu, 03 Jul 2014

Helpende Hand voed meer as 4 000 kleuters landswyd | News Article
Pretoria - Solidariteit Helpende Hand sal meer as 4 000 kleuters van Julie tot die einde van die skooljaar voed.

Hierdie voedingsprojek maak deel uit van Helpende Hand se landswye Kosblikkieprojek. “Hierdie projek poog om armoede reeds op die vroegste stadium te voorkom,” sê Michelle Burger, projekorganiseerder by Helpende Hand.

“Die meerderheid kleuterskole wat deel uitmaak van hierdie projek ontvang geen staatsubsidie nie en moet uit hul eie beperkte fondse die kinders voed. In gevalle waar skole wel ’n staatsubsidie ontvang, is dit nie genoeg om behoorlike voeding aan die kinders te verskaf nie,” sê Burger.

Die voeding wat Helpende Hand gee, is in die vorm van niebederfbare produkte wat aan die kleuterskole verskaf word om te sorg dat die kleuters minstens een gekookte bord kos per dag kry. “Vir baie van die kinders is dit die enigste maaltyd wat hulle vir die dag kry,” sê sy.

As deel van die Kosblikkieprojek bied Helpende Hand ook in samewerking met Immergroen Ouerleiding ’n kleuterskursus by talle kleuterskole landswyd aan. Hierdie kleuterskole is nie almal noodwendig behoeftig nie, maar baat by die opleiding wat aan ouers, onderwysers en voogde gebied word, omdat dit aan die holistiese ontwikkeling van kleuters aandag gee.

Danksy vennote en voedingsverskaffers wat elke rand optimaal aanwend, kan Helpende Hand kleuters voed met ongeveer R5 per kleuter per dag, volgens Burger. “Om hierdie kleuters tot aan die einde van hul skooljaar te voed, word befondsing vir ongeveer 320 000 borde kos benodig,” sê sy.

Die publiek kan bydra om kleuters te voed deur “bord’ na 36930 te SMS teen R5 per SMS en sodoende ? bord vir ? honger kleuter te borg.
 
Verklaring verskaf 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.