On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Human Interest

Slegs 50% ken die volkslied van voor tot agter

───   KARIEN JORDAAN 11:57 Wed, 30 Jul 2014

Slegs 50% ken die volkslied van voor tot agter | News Article
Karien Jordaan
 
Bloemfontein - Net die helfte van Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 13 en 24, ken elke woord van die volkslied.
 
Verbruikersnavorsingsmaatskappy, Pondering Panda, het in 'n peiling met meer as 4 000 individue ook bevind dat 20% van die respondente die meeste van die woorde ken, terwyl 27% vertroud is met sommige van die woorde.
 
Die maatskappy se Louise Conradie sê hulle het die peiling gedoen na aanleiding van die regering se onlangse aankondiging dat hy R34 miljoen gaan gebruik om die landsvlag by skole oor die land heen te plaas en om die aanleer van die volkslied te befonds.

Conradie sê die reaksie op die vraag was konsekwent oor al die demografiese groepe. Vyf tale word in die volkslied gebruik en volgens kundiges bemoeilik dit die aanleer daarvan.
 
'n Nuwe volkslied? Max du Preez skryf dat die tyd daarvoor reg is.
 
Click for
 

 


Podcasts

Louise Conradie:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.