On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Human Interest

Nuwe koningin in Bfn se midde

───   DANE BEISHEIM 16:54 Thu, 31 Jul 2014

Nuwe koningin in Bfn se midde | News Article
Dane Beisheim
 
Bloemfontein - Bloemfontein se toerismebedryf het ’n hupstoot ontvang nadat Cheetah Experience verlede week ontvangs geneem het van ’n uiters skaars King Cheetah.
 
Luidens Buks Westraad, eienaar van die Emoya-landgoed waarop Cheetah Experience geleë is, is daar na beraming slegs 20 King Cheetahs in die natuur oor. Díe diere word gekenmerk deur strepe op die rug en donkerder kolle wat hulle onderskei van hul niggies en nefies.
 
Venus, soos die nuwe toevoeging tot Cheetah Experience se versameling van 14 jagluiperds gedoop is, is gered voordat ’n Arabiese sheik haar vir R22 miljoen sou skiet.
 
Westraad sê dat dit ’n eer en ’n voorreg was om so 'n merkwaardige dier te kon bekom.


Podcasts

Buks Westraad:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.