On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Kuruman-optogte: Ouers gaan ook aangekla word

───   OWEN KOCK 07:12 Mon, 11 Aug 2014

Kuruman-optogte: Ouers gaan ook aangekla word | News Article
Owen Kock
Kuruman - Die DA in die Noord-Kaap sê ouers wat hul kinders verbied om skool by te woon in Kuruman, gaan ook kriminele klagte in die gesig staar.
 
Die party gaan vandag klagte lê teen die Joe Morolong Padforum, wat kinders in die John Taolo Gaetsewe-distrik vir meer as twee maande verhoed om skool by te woon.
 
Die DA se skadu-minister vir onderwys Annette Lovemore en die party se provinsiale onderwys-woordvoerder, Safiyia Stanfley, sal vandag die klagte in Kimberley aanhangig maak.
 
Lede van die forum het op 5 Junie begin betoog en eis dat 'n pad in die distrik geteer moet word. Skoolhoofde en onderwysers is intussen met die dood gedreig indien hulle skole sou heropen.
 
Sowat 17 000 kinders word deur die protes-aksie geraak.
 
Stanfley het verlede week 'n beroep op die regering gedoen om in te gryp, aangesien die sowat 400 matrikulante wat geraak word heel waarskynlik nie die eindeksamen sal kan skryf nie.
 
Stanfley sê die party is verheug dat Lovemore vanoggend by hulle aansluit.

Crystal Robertson van die Noord-Kaapse departement van openbare werke het vroeër gesê tenders vir die konstruksie van die pad het op 18 Julie gesluit en die suksesvolle tenderaar sal voor die einde van die maand bekend gemaak word.

Podcasts

Safiyia Stanfley:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.