On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Human Interest

'Sarel van Sabie' oorlede

───   10:51 Mon, 25 Aug 2014

'Sarel van Sabie' oorlede | News Article

Pretoria - Sarel Loots, beter bekend as Sarel van Sabie van MasterChef SA-faam, is vroeg Maandagoggend in die ouderdom van 45 oorlede.

Tia Loots Reyneke, ‘n familielid, het Maandagoggend op Facebook geskryf: “Ons wonderlike talentvolle neef Sarel (van Sabie) is gisteraand oorlede. R.I.P liewe neef ons gaan jou baie mis! Innige simpatie aan jou gesin. XXX”

Hetta Saunderson, Loots se bestuurder, het aan Maroela Media gesê hy was die naweek in Pretoria vir die SARCDA-handelskou wat by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand gehou is.

Saunderson sê hy het by vriende in Pretoria gebly en is omstreeks 3:00 Maandagoggend aan vermoedelik ‘n hartaanval dood.

“Hy sou Maandag teruggekeer het Sabie toe. Die nuus is ‘n groot skok vir vriende en familie.”

Medelye stroom intussen in op Loots se Facebook-blad.

“R.I.P Sarel Loots, jy gaan nou vir baie mense kos maak in die hemel,” skryf Hardus Koekemoer.

Sarita Erasmus het geskryf: “Sarel jy het diep spore getrap in Sabie en Graskop! Jy het diep in die mense regoor Suid-Afrika se harte geklim!! Ons harte gaan uit na jou gesin, familie en vriende!”

Loots het bekendheid verwerf nadat hy onder die vier topfinaliste in die eerste reeks van MasterChef SA geëindig het.
Loots laat sy vrou, Lieze, en drie kinders agter.
 
Die egpaar het ook twee pleegsorgkinders.
 
Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.