On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Vier Sekretaressedag deur navorsingsprojek te ondersteun

───   11:12 Tue, 26 Aug 2014

Vier Sekretaressedag deur navorsingsprojek te ondersteun | News Article

Johannesburg - Birdlife Suid-Afrika het 'n beroep op bestuurders gedoen om vanjaar Sekretaressedag op 'n spesiale manier te vier.

 Dié organisasie vra bestuurders om vanjaar op 3 September 'n bydrae tot 'n projek te maak, wat die sekretarisvoël navors. Die sekretarisvoël is sedert 2011 wêreldwyd bedreig.
Birdlife SA-woordvoerder, Ernst Retief, sê die navorsingsprojek fokus onder andere op die bedreigings wat vir die hoë mortaliteitskoers van sekretarisvoëls betrokke is.
 
Hy sê sedert die navorsingsprojek in 2011 begin het, het hulle al baie oor die sekretarisvoël geleer ten opsigte van sy biologie en bewaring, asook die groot afstande wat hulle reis nadat hulle die nes verlaat.
 
Die doel van die navorsingsprojek is om die spesies se voorkeurhabitat, die verspreidingspatroon van jong voëls en die faktore wat hulle voortbestaan bedreig, te bepaal.
 
Vir meer inligting oor Birdlife SA se navorsingprojek, besoek http://www.birdlife.org.za/conservation/threatened-species/secretarybird, of volg die projek op Facebook by https://www.facebook.com/secretarybirdconservation.
 
Nuusverklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.