On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Human Interest

Wêreld se wollerigste skaap gevind

───   09:21 Wed, 27 Aug 2014

Wêreld se wollerigste skaap gevind | News Article

Perth - Twee Australiese boere glo hulle het die wêreld se wollerigste skaap gevind.

Die skaap, wat Shaun gedoop is, is waarskynlik ses jaar laas geskeer en is gevind waar hy skynbaar verdwaal op die plaas van Peter en Netty Hazell rondgedwaal het.
Sy wol, wat sowat 20 kg weeg, het so dik geraak dat dit sy sig begin beïnvloed het.
 
Die Hazell's het Shaun opgelaai en sal hom hierdie week skeer. Hulle hoop om die wêreldrekord vir die meeste wol van 'n dier verkry te klop.
 
Dié rekord word tans gehou deur 'n skaap genaamd Shrek, wat in grotte in Nieu-Seeland gevind is. Toe Shrek gevang en geskeer is, het sy wol 27 kg geweeg.
 
Volgens die Hazell's lyk Shaun baie gesond en 'n skaapwolkundige meen, een keer se skeer van Shaun sal genoeg wol lewer om ten minste drie of vier truie te brei.
 
Sky News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.