On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Human Interest

Kongokoors-slagoffer môre begrawe

───   14:15 Thu, 25 Sep 2014

Kongokoors-slagoffer môre begrawe | News Article

Aroab - Die Namibiese boer Kobie Hoffman, wat verlede Dinsdag in die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein aan Kongokoors dood is, word môre op sy tuisdorp Aroab begrawe.

Nadat hy aan dié aansteeklike siekte dood is, moes sy familie spesiale toestemming van die Suid-Afrikaanse en Namibiese regerings kry om sy lyk oor die grens te vervoer. Die liggam moes ook, in lyn met gesondheidsregulasies, op droë ys vervoer word.
 
Sy skoonsuster, Louisa, sê die begrafnisdiens is môre om 10:00 in die NG kerk Aroab. Hy sal daarna in die Aroab-begraafplaas ter ruste gelê word, waar sy pa, Koot, ook begrawe is.
 
Die 40-jarige Hoffman het op ’n familietroue op Upington siek geword, ’n week nadat hy op sy plaas deur ’n bosluis gebyt is.
 
Sy ouer broer Andries, ook ’n veeboer van Aroab, het vier jaar gelede Kongokoors oorleef.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.