On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Human Interest

Vet varke en skape met jassies maak die DBV bly

───   14:52 Fri, 26 Sep 2014

Vet varke en skape met jassies maak die DBV bly | News Article

Bloemfontein - ’n Opkomende varkboer van Tierpoort buite Bloemfontein en twee skaapboere van Verkeerdevlei het die dierebeskermsvereniging in die Rosestad se nuusbrief gehaal, maar nié omdat hulle diere verwaarloos of mishandel is nie.

Foto’s van dié boere se varke en skape is tussen foto’s van verwaarloosde diere in die nuusbrief geplaas, juis om te wys hoe goed daar wel na diere omgesien kan word.
 
DBV-inspekteur Reinet Meyer sê die opkomende boer Frans Setlabo laat sy 500 varke vry rondloop op sy goed omheinde plaas by Tierpoort. Dié varke het ’n lekker lewe en is spekvet.

Op Corrie Pienaar en sy skoonseun Barno de Lange se skaapplaas Herbou, by Verkeerdevlei, het die DBV foto’s geneem van merino’s wat almal jassies dra. Dié jassies beskerm die diere en hul wol teen die elemente en die stof.

Meyer sê daar is baie mense wat by dié boere kan leer hoe diere behandel moet word.
 
 

Dirk Kok/OFM-nuus

Foto's verskaf






Podcasts

Reinet Meyer:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.