On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Human Interest

Swaarder strawwe gevra nadat boer aasvoëls vergiftig

───   16:54 Mon, 20 Oct 2014

Swaarder strawwe gevra nadat boer aasvoëls vergiftig | News Article

Bloemfontein - Die omgewingsbewaarder en plaagdoderkundige Gerhard Verdoorn het landbouminister Senzeni Zokwana gevra vir beter wetgewing en swaarder strawwe vir die onverantwoordelike en onwettige gebruik van plaagdoders.

Dit kom nadat ’n 34-jarige boer van Molteno in die Oos-Kaap, Armand Aucamp, verlede week ’n boete van R10 000 en ’n jaar opgeskorte tronkstraf opgelê is vir die vergiftiting van 46 bedreigde kransaasvoëls in Desember. Hy het die gif karbofuraan onwettig uitgeplaas nadat rondloperhonde meer as 50 skape op sy plaas vrekgebyt het.

Verdoorn, wat saam met bewaringsgroepe ontevrede is oor die vonnis, sê die wetgewing van 1947 móét aangepas word.
 
Hy oorweeg intussen siviele stappe teen Aucamp.

Verdoorn sê daar is maar tussen 5 000 en 8 000 kransaasvoëls in die wêreld oor. Indien hulle teen die huidige tempo uitgewis word, sal hulle oor 50 jaar uitsterf.
 
Die laaste twee jaar is meer as 100 in Suid-Afrika vergiftig.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Gerhard Verdoorn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.