On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Human Interest

'Te veel klem op beskerming van renosters en te min op res van natuur'

───   16:38 Tue, 21 Oct 2014

'Te veel klem op beskerming van renosters en te min op res van natuur' | News Article

Bloemfontein - Die omgewingsbewaarder en plaagdoderkundige Gerhard Verdoorn sê natuurbewaring in die land is skeefgetrek, met die fokus wat te veel op die beskerming van renosters val.

Verdoorn sê hoewel hy self by renosterbewaring betrokke is, is hy bekommerd dat die res van die natuur afgeskeep en daar te min gedoen word om die bedreigde kransaasvoël en die res van die natuur te beskerm.
 
Suid-Afrika het tans sowat 20 000 witrenosters, terwyl daar in die wêreld maar tussen 5 500 en 8 000 kransaasvoëls oor is. Die laaste twee jaar is in Suid-Afrika alleen sowat 100 kransaasvoëls vergiftig. Verdoorn sê teen die tempo wat dié voëls uitgewis word, gaan daar binne die volgende halfeeu nie meer kransaasvoëls oor wees nie.

Verdoorn het landbouminister Senzeni Zokwana gevra vir strenger wetgewing en swaarder strawwe vir die onwettige en onverantwoordelike gebruik van plaagdoders.

Dirk Kok/OFM-nuus



Podcasts

Gerhard Verdoorn:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.