On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Human Interest

'Ryno Lategan' van 7de Laan word Bloemfonteiner

───   OWEN KOCK 14:45 Fri, 24 Oct 2014

'Ryno Lategan' van 7de Laan word Bloemfonteiner | News Article

Bloemfontein - Die akteur Chris Vorster, wat die rol van Ryno Lategan in die sepie 7de Laan vertolk, word eersdaags ‘n Bloemfonteiner.

Vorster word na wat verneem word verbind met ‘n pos by die Universiteit van die Vrystaat se drama-departement, maar hy wou nie daaroor uitbrei toe OFM-nuus hom vroeër vandag gepols het nie.
Die universiteit wou ook niks sê nie aangesien die kurrikulum vir die beplande filmskool-kursus nog deur die departement van hoër onderwys afgeteken moet word.
 
Vorster het gesê dit is ‘n sensitiewe saak en hy en sy werkgewer, die SABC, is tans in gesprek.
 
Vorster se vrou en kinders is reeds in die Rosestad.
 
Owen Kock/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.